Thursday 4 August 2011

Ystervarkies






















 (25 varkies)
Koek
  • 230 g (250 ml) botter
  • 250 g (310 ml) suiker
  • 3 eiers
  • 420 g (750 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 250 ml melk
Verhit oond tot 200 ˚C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk
by botter-mengsel. Gooi in 'n gesmeerde vierkantige pan van 22 x 22 cm en bak vir 20 - 30 minute. Haal uit en laat koud word. Sny in 25 blokkies.
Sous
  • 60 ml kakao
  • 375 ml water
  • 600 g (750 ml) suiker
  • 15 ml botter
  • 500 g klapper
Plaas al die bestanddele behalwe die klapper in 'n kastrol. Bring tot kookpunt en laat kook vir 2 minute. Doop koekblokkies in stroop en rol dan in klapper.

(Resep uit Sarie)