Wednesday 17 August 2011

Kondensmelkboeber





















Dis die Kaaps-Maleise weergawe van melkkos, wat met kaneel, kardemom en rooswater gegeur is. Jy kan ook ’n hand vol pitlose rosyn ingooi.

Jy benodig (vir 6):
  • 2 eetlepels sago (opsioneel)
  • 50 g botter • 100 g lokshenpasta (anglehair pasta)
  • 3 kaneelstokkies
  • 5 kardemomsade
  • 1 liter melk
  • ½-1 blik (400 g) kondensmelk
  • 1-2 eetlepels rooswater (opsioneel)
  • 1 hand vol amandelvlokkies of pistasieneute
So maak jy:
1 Week die sago in water vir 15 minute. Spoel dit deeglik af en hou dit eenkant.

2 Smelt die botter in 'n pot en braai die pasta daarin totdat dit ligbruin raak.

3 Voeg die kaneel en kardemom by. Voeg die melk by en bring dit tot kookpunt.

4 Voeg nou die sago by en roer gereeld totdat die sago deurskynend is. (omtrent 15 minute.)

5 Voeg die kondensmelk by na gelang van hoe soet jy daarvan hou, en bring dit weer tot kookpunt. As dit te dik raak, kan jy nog melk bygooi. Roer die rooswater deur. Strooi neute oor en sit dit dadelik voor.