Wednesday 17 August 2011

Dragon Artemisia dracunculus






















Die Franse noem dragon die “koning van kruie”, en nie sonder rede nie: dis die vernaamste geurmiddel in talle van hul roomsouse wat die grondslag van die klassieke Franse kookkuns uitmaak, soos béarnaise en Tartaarse sous.

Kweekwenke
• Dragon is ’n los, spreidende meerjarige kruid wat in baie koue gebiede in die winter rus. Dit blom feitlik nooit en selfs dan is sy saad steriel. Koop ’n steggie by die kwekery. • ’n Gesonde plant vereis ryk, goedgedreineerde grond wat effens droog is (dragon
versuip maklik). Plant dit op ’n sonnige plek. Verbeter dreinering deur ’n hand vol sand en potmengsel in elke plantgat in te werk voor jy jou dragon plant. Of kweek dit in potte met goeie potgrond.

Oeswenke en gebruike
• Verseker ’n volgehoue oes deur die plant in die herfs terug te snoei en met strooi te bedek tot enige rypgevaar verby is. Lig die plant uit die grond, verdeel en verplant die wortels elke twee jaar in die lente – dit waarborg ’n volryk geur.
• Die smal, blink blaartjies is die geur van anys en het ’n delikate smaak wat ’n doodgewone gereg in ’n meesterstuk omskep.

Die spesienaam, dracunculus, kom van die Latyns vir draak, moontlik na aanleiding
van dragon se ineengestrengelde wortels.

Kyk onder resepte vir Dragonroomsous