Friday 12 August 2011

Klein spasie? Onooglike muur? Hier is ‘n oplossing.

As jy iemand vertel van hierdie idee, gaan hulle dink “ag nee dit kannie goed lyk nie”, maar snaaks genoeg lyk die muur vir my regtig interessant.  Dis nou ‘n oulike manier om ‘n tuinmuur te verander in ‘n fokuspunt of kruietuin. 
Geen fancy duur “vertical garden wall planters” is nodig soos almal altyd op tv wys nie.  Mens kan dit doen met leë plastiek bottels………..in styl. 
En natuurlik kan jy dit op ‘n kleiner skaal ook doen. 
Ideaal vir ‘n kruietuin idee waar spasie min is, of dalk kan jy rankplante in die bottels plant, wat soos groen watervalle sal vertoon as hul begin groei.