Thursday 4 August 2011

Kersfees is om die draai - maak sterretjies vir die kersboom

Maak hierdie oulike sterretjie vir jou kersboom.  (Die kinders kan help met hierdie projek.)
Dis eenvoudig gemaak van goue riffle-karton vir die agterkant en voor-op is ‘n sterretjie bietjie kleiner geplak wat uit harde papier geknip is.  Jy kan gewone kleur papier gebruik of jy kan soos hier op die foto bladmusiek uitdruk en dit daaruit knip.

‘n Ander oulike idee is om elke lid van die familie ‘n unieke sterretjie te gee wat hy of sy dan in die boom kan hang.  Skryf hul name met ‘n mooi pen of gebruik Prit Glitter Glue om die name te skryf.  Jy kan dan ook sterretjies maak vir die familie wat nie naby kan wees nie.  Dis ‘n manier om hulle te onthou op die dag.
(Laasgenoemde idee kan ook werk op kersboom-balletjies wat jy sommer in die winkels koop.)

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared