Thursday 4 August 2011

Kersfees: Beplan vroeg vir jou kers-kalender.

Hier is die eerste oulike idee vir kersfees (amptelik) – Jy gaan 25 klein helderkleurige sokkies nodig hê.  Nou hier kan jy oulik wees en gaan soek vir kindersokkies in kersfees kleure of hergebruik jou kleinding se sokkies wat nog nuut, maar dalk al te klein is. (Verskillende grotes maak dit net nog meer interessant.) 

As jy dink aan ‘n tradisionele kersfees, soek sokkies in kleure soos hier op die foto.  Elke sokkie word genommer van 1 tot 25 en kry ‘n klein geskenkie in. (bv. sjokolade, ‘n oulike prentjie uitveer, ‘n klein karretjie vir seuntjies, ‘n speel lipstiffie vir klein dogtertjies…)  Jy kan insit waarvan jou kind sal hou.  Hang jou “sokkie kalender” in die sitkamer en elke oggend of aand kan jou kleinding die verrassing uit die sokkie haal vir daardie dag.  Jy kan die sokkie dan van die “wasgoedlyn” afhaal, sodat klein mensies kan sien hoeveel slapies nog oor is voor Vader Kersfees kom kuier.