Thursday 4 August 2011

Propvol potbrood













VIR DIE BROOD
• 1 kg witbroodmeel
• 5 ml sout
• 5 ml suiker
• 1 pakkie kitsgis

VIR DIE VULSEL
• 15 ml olyfolie
• 1 gekapte ui
• 125 g varkspek, in stukkies gesny
• 10 ml gekapte knoffel
• 10 ml gemengde droë kruie
• songedroogte tamaties
• ontpitte en fyngekapte swart en groen olywe


Meng die meel, sout, suiker en kitsgis saam in ’n mengbak.
Sit die deeg op ’n warm plek (verkieslik ’n sonnige plekkie) totdat dit in volume verdubbel het.

Sit die uitgerysde deeg op ’n meelbestrooide knieplank en druk dit plat in ’n langwerpige vorm.

Smeer die deeg met olyfolie.

Skep die vulsel – die ui, spek, knoffel, kruie, tamaties en olywe – op die deeg en sprei dit eweredig uit.

Rol die deeg versigtig van een kant af op, amper soos jy met ’n rolkoek sal maak.
Sit nou die deeg in ’n groot genoeg broodpan of swartpot en laat dit rys tot die pan of pot vol is.

Strooi gerasperde kaas bo-oor.

Bak dit vir ’n uur teen 180 °C.