Friday 29 July 2011

Hergebruik 'n ou voëlhokkie


Die ou voëlhokkie wat nou al halfpad geroes is in die garage, kan mooi opgekikker word met ‘n staalborsel en nuwe spuitverf.  Sit waspapier of ‘n gekleurde skryfpapier onder in die hokkie met kerse daarop (die papier vergemaklik die kerswas se skoonmaak later).  Pragtig en stylvol vir ‘n buite onthaal.