Monday 15 August 2011

Kersfees nagereg op die maklike manier

Geen tyd om ‘n ongelooflike nagereg op kersdag te maak nie, maar jy wil steeds iets spesiaals doen?  Somtyds het ons gasvroue ‘n kortpad of twee nodig om te help sodat alles goed en mooi verloop.  So hier is ons raad aan jou.
‘n Rolkoek is altyd ‘n treffer en lyk ongelooflik as jy dit bietjie “op dress”.   Jy kan die rolkoek voor die tyd maak en op kersdag hoef jy net gou als bymekaar te sit.
Wenke:
1)       Maak die rolkoek met aarbeikonfyt in die middel (of enige ander rooi konfyt waarvan jy hou).  Plaas in ligdigte houer en bêre tot nodig.
2)      Koop kits-spuit room, aarbeie en/of kersies en vars vrugte waarvan jy hou en bêre in yskas.
3)      Op kersdag:
a.       Nagereg hoef nie onmiddelik na ete bedien te word nie.  Dalk wil jou gaste opstaan en bietjie bene rek na die lekker ete.  Dit gee jou kans om die nagereg ongelooflik mooi te maak, terwyl hul in die tuin rondloop of bietjie na ‘n gemakliker area in die sitkamer beweeg.
b.      Sny die rolkoek in lae soos op foto en versier met vars vrugte.  Sprinkel versiersuiker oor jou bord (sif dit oor die bord). 
c.       Soos die nagereg bedien word, sit spuit-room by elke bord om dit af te rond. 
d.      Jy kan ‘n mint blaartjie bo-op plaas vir ekstra oulik wees.