Tuesday 2 August 2011

Groentetuin - 5 minute per dag

‘n Netjiese groentetuintjie in ‘n baie klein spasie.  Ou wynvate is gebruik as planthouers.  Dis ‘n maklike manier om ‘n groentetuin uit te lê want jy hoef nie landerye om te werk nie, jy hou net die houers onkruid vry en gee water.  Dis ‘n tuintjie wat regtig net 5 min. ‘n dag nodig het en baie min spasie opneem, maar wat jou beslis sal beloon met ‘n groente oes groot genoeg vir die huisgesin se gebruik.