Tuesday 2 August 2011

Hergebruik 'n ou raam - Inkopielys met styl

‘n Ou fotoraam kry nuwe lewe deur dit as swartbord in te span.  ‘n Inkopielys bord vir die kombuis het nog nooit so mooi gelyk as wanneer dit in ‘n spesiale raam is nie.  Verf net die agterkant / “hardboard” gedeelte met swartbord verf en gee die raam ook bietjie nuwe kleur, en siedaar.  (Kyk by vlooimarkte of tweedehandse winkels vir rame met interessante detail en wees op die uitkyk vir swartbord verf wat nou in verskillende kleure beskikbaar is.  Jy kan dus die bord nou laat aanpas by jou dekor van bv. lig groen of blou…)