Meng 250 ml dik room, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak, ’n knippie kerriepoeier, 45 ml dragonasyn en 15 ml gekapte vars dragonblare. Gebruik as
doopsous vir gestoomde koue aspersies of bak bruingebraaide hoenderstukke in die sous teen 180 ºC vir 30 minute of tot gaar.