Monday 8 August 2011

DIY Snow globe - Sneeubotteltjies vir kersfees

'n Oulike hergebruik idee:  Maak ‘n maklike “snow globe” uit ou botteltjies.  Jy kan dit as geskenkie vir iemand gee of jy kan dit as deel van jou kerstafel dekor gebruik.  Elke gas kan byvoorbeeld sy eie unieke “snow globe” by sy sitplek aan tafel kry.  (Kan ook dien as plekaanwysers of jy kan die kaggel daarmee versier.)


Dis so maklik om te maak:  Neem ‘n kers-figuurtjie (bv. sneeuman of vader kersfees of takbokkie) en gom hom vas aan die binnekant van die deksel.  Gooi water in die botteltjie en gooi daarby so ‘n teelepel of twee glitter.  Sit gom op die rand van die dekseltjie en draai baie styf vas.  (Silikoon kan ook help om dit te seel.)  Siedaar dis klaar.  Binne minute.