Monday 8 August 2011

Bokbaaivygie / Livingstone daisy (Dorotheanthus bellidiformis)


Hierdie plantjies, nou beskikbaar in kwekerye, blom Augustus en September.  ‘n Oorvloed van blomme wat soos ‘n kleurvolle mat in jou tuin sal lyk.  Benodig min water maar baie son, want die blommetjies maak net oop in volson. (Saadjies kan opgevang word en gedurende Januarie tot Mei maand gesaai word.)