Friday 5 August 2011

Chrysanthemum

Vrolik jou voordeur in die middel van winter op met helder kleure wat jou sommer lus gaan maak vir lente en somer.  Die kwekerye is nou vol van hierdie helderkleurige potplante. 

Koop ‘n paar kleure en plant hul oor in mooi potte wat jy by die voordeur kan rangskik.  (Ek sien hulle kom ook hierdie jaar sommer klaar met drupbakkies, so dalk is dit nie eens nodig om hul uit te plant as jy dalk ‘n mooi staander het nie.)  Sodra hulle klaar geblom het, plant jy hul uit in jou tuin in ‘n sonnige kolletjie en volgende jaar beloon hulle jou dalk weer met mooi blomme in die tuin.  (Hulle is nie oor-gevoelig vir koue nie, so kan definitief die redelike winter weer weerstaan.)