Friday 5 August 2011

Natuurlike huis skoonmaak op die groen manier

Hier is 'n vinnige opsomming van 'n paar wenke oor Koeksoda, asyn, olyfolie en sout (verwys ook ander artikels hieroor vir meer inligting.

Koeksoda / Baking soda:
  • Verwyder vlekke - maak 'n pasta aan met water en plaas op die vlek.
  • Potte wat aangebrand het - kook pot met bietjie water en koeksoda
  • Haal reuke uit matte - sprinkel op matte, werk in met besem en laat staan oornag voor jy stofsuig.
  • Algemene reiniger (skuurmiddel)
  • Om 'n drein skoon te maak.  (Gooi poeier in drein gevolg deur asyn.  Spoel daarna met water.)
  • Reuke te verwyder - gooi bietjie onder in die vullisblik.

Asyn:
  • (Moet nie op marmer gebruik nie.)
  • Badkamer (mildew & mold / muf) Gebruik vol sterkte en laat bietjie droog word.
  • Gooi saam met opwasmiddel in water waarmee vensters gewas word.  (Hou vlieë weg en maak nie strepe op vensters.)
Olyfolie:
  • Kan gebruik in stede van meubelpolitoer op hout.
  • Reinig hout / Deepclean -  Gebruik 2 dele olyfolie en 1 deel suurlemoensap.
Sout:
  • Stortgordyn met muf kan skoongewas word in 'n sterk sout water oplossing.  Laat bietjie week voor jy skoon uitwas.  Sal keer dat die muf nie so gou weer daarop vat.

Verwys ook ander wenke in vorige artikels. 
Ons mag dalk herhaal, maar sal mettertyd 'n goeie lys van wenke saamstel.