Tuesday 30 August 2011

Blomme vir tuisgebakte koek-versiering

As jy nie naby winkels is nie, is dit nie altyd maklik om gou-gou blomme vir 'n verjaarsdag koek te gaan koop en dit net bo-op te sit nie.  Gebruik marshmallows en maak jou eie blomme vir daardie spesiale verjaarsdag koek.

Knip eenvoudig die marshmallows in skyfies met 'n skêr.  Pak dit soos 'n blommetjie en rond af met 'n rooi kersie in die middel.  Jy kan ook jellytots in die middel sit.  Wissel wit en pienk marshmallows en verskillende kleure jellytots af om dit bietjie meer vrolik te maak.