Tuesday 30 August 2011

Kleurvolle tuin speelgoed

As jy naby die kus bly of dalk toevallig 'n klein bootjie het wat nie meer gebruik word nie, is hierdie 'n oulike idee om die kinders besig te hou en ook die tuin op te vrolik.

Sit 'n hout bodem in die boot sodat jy nie nodig het om die winkels leeg te koop nie.  Vul dan met helderkleurige balle vir die kinders om te geniet.  Dit maak terselfde tyd 'n oulike fokus punt vir 'n anders dalk vaal en droë tuin.  Kleuters geniet hierdie "speelpark" baie.