Monday 15 August 2011

Potstaanders





















Gebruik al jou mooi oorskietpapier.
Jy benodig
16 mm-Supawood
groot krale vir die voetstukke
kleurprente
bypassende PVA-verf
sponsrollertjie en verfbakkie

verfkwas
houtgom
epoksigom
hittebestande vernis
handwerkmessie
snymat
metaalliniaal
So maak jy
1 Laat saag die Supawood in vierkante van die verlangde grootte vir die potstaanders.
2 Gaan soek vir mooi prente in tydskrifte of byvoorbeeld 'n ou almanak. Sny dit met jou handwerkmessie, snymat en metaalliniaal uit om binne-in die vierkante te pas, maar maak dit reg rondom so 2-3 cm kleiner as die vierkante.
3 Gebruik 'n sponsrollertjie vir 'n egalige afwerking en verf die vierkante in 'n bypassende kleur verf. Laat dit droog word.
4 Plak jou prente met houtgom in die middel van die vierkante vas. Wend die gom met 'n kwas aan en verdun dit met 'n bietjie water indien nodig. Laat dit droog word.
5 Seël die prente met 'n hittebestande vernis soos Dala Heat Resistant Varnish. Verf 'n paar lae vernis aan en laat elke lag eers droog word voordat jy die volgende laag verf.
6 Gebruik die epoksigom en plak 'n kraal onderaan elke hoek van die staander vas om as voetstukkies te dien. Laat die gom droog word voor jy die staander gebruik

(hierdie oulike idee kom uit 'n Idees tydskrif)