Friday 8 July 2011

ZANTEDESCHIA (CALLA LILIES)/Aronskelk/Varkblomme

Wit Aronskelke begin nou oral langs die paaie in vleilande gereed maak om hul pragblomme in die lente te vertoon.  Die bolplant is in baie nuwe kleure op die mark en in amper enige kleur behalwe blou beskikbaar.   Plant in volson of gedeeltelike skadu.  Kan direk in die tuin of in houers geplant word.  Redelik gehard / koue bestand.  Hou van klam grond.  Maklike plante om te groei in jou tuin.  In my tuin bly die wit aronskelk-bolle net so in die grond en elke jaar kom daar nuwe plantjies uit sonder enige moeite.  (Dit wil egter vir my voorkom die nuwe gekleurde soorte is 'n klein bietjie moeiliker om so "self op te kom", aangesien ons nog baie min geluk daarmee gehad het, maar elke jaar hou die hoop in vir 'n nuwe verrassings-skouspel. Ons hou duime vas.)