Monday, 11 July 2011
AVOKADOKOEK
Nou ja wie sou kon raai dat jy 'n koek met avokadopeer kon bak, probeer gerus die resep vir iets anders.
500ml koekmeel
15ml bakpoeier
2.5ml sout
1ml koeksoda
2.5ml gemengde speserye
60g botter
250ml strooisuiker
2 eiers
45ml melk
250ml ryp avokado, verpulp
5ml suurlemoensap
50g pekanneute, fyn gekap
VERSIERSEL
60g botter
500ml versiersuiker
45ml suurlemoensap
2 druppelsgeel voedselkleursel
50g pekanneute, fyn gekap
Stel die oond op 180 grade.
Sif meel, bakpoeier, sout, koeksoda en speserye.
Room botter en suiker tot liggeel.
Klits eiers by tot gemeng. Voeg melk, avokado en suurlemoensap by. Meng goed.
Roer meelmengsel en pekanneute by eiermengsel tot goed gemeng.
Skep beslag in gesmeerde tuitvormige koekpan en bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Laat effens in koekpan afkoel. Keer uit en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
VERSIERING
Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker, suurlemoensap en kleursel by en meng goed.
Smeer oor koek en rond met pekkaneute af.