Friday 8 July 2011





















'n Mens het nooit genoeg bêreplek nie, hierdie oulike manier is gebruik om skoene weg te steek.

Jy benodig

kartonbuise (dis by poskantore te kry)
verskillende soorte
bypassende geskenkpapier
bypassende breë lint
alkant-plakband
houtgom
handwerkmessie, snymat en metaalliniaal
skêr
handsagie

So maak jy

1 Saag die kartonbuise met jou handsagie tot die verlangde lengte - dis die beste om 'n saag te gebruik, want dit gee die skoonste lyne.

2 Gebruik jou handwerkmessie, snymat en metaalliniaal en sny stukke geskenkpapier af wat presies om die buise pas. Plak dit met alkant-plakband op die buise vas en sny die kante netjies weg met jou handwerkmessie.

3 As al die buise klaar oorgetrek is, kan jy hulle aan mekaar vasplak met houtgom. Laat die gom heeltemal droog word voordat jy 'n lang lengte breë lint deur die boonste buis steek en die twee punte aan die bokant vasknoop aan 'n deurknop, klerereling of selfs teen die muur (dis mooi genoeg!).


(Artikel was in 'n Idees Tydskrif)