Thursday 7 July 2011

Warm lappies


‘n Oulike en stylvolle manier om jou gaste spesiaal te laat voel is warm lappies om hul hande mee af te veeveral is dit na kos soos ribbetjies of dalk by ‘n braai was.  Neem bietjie suurlemoensap in ‘n spuit botteltjie en spuit dit op die wit waslappies.  Sit die lappies vir so 2 tot 3 min. in die mikrogolf om warm te word en rol hul op met ‘n mooi strikkie.  Plaas hul op ‘n mooi bord of skinkbord met ‘n paar skyfies suurlemoen as verdere afronding / versiering.