Thursday 7 July 2011

Lae onderhoud - Hergebruik - Kuier tuin


In hierdie tuin is ‘n gerieflike kuier area geskep met artikels wat dalk voorheen net in die pad was.  Let op die stap blokke wat eintlik gewigte (dumbells) is.  Al die blokke is ook nie ewe groot en perfek nie.  Daar is sommer lang en vierkantige blokke gemeng en dit werk eintlik heel goed. Groot klippe uit die tuin is nader geskuif en gerangskik om ‘n area mooi af te baken.  “Ten pin Bowling” balle is gebruik om hier en daar ‘n speelse aksent te gee en plante is in houers geplant om dit ‘n lae onderhoud tuin te maak.