Friday 8 July 2011

Leptospermum / Tea Tree / Teebos


Hierdie plant / struik is eenvoudig pragtig wanneer dit oortrek is met klein roosvormige blommetjies.  Sekerlik een van my gunstelinge.  Dis baie belangrik wanneer jy ‘n plantjie koop, om seker te maak sy wortels kry nie seer wanneer jy hom uitplant nie.  Nogal ‘n geharde plant wat maklik ook langs die kus geplant kan word.  Hul kan droogte hanteer.  Hul hou van volson en grond wat goed dreineer maar moenie rondom sy wortels krap nadat hy geplant is nie en oppas om nie te veel water te gee nie.