Wednesday 6 July 2011

Warm dubbel-sjokolade-drankie























 (maak 750 ml)
  • 250 ml room
  • 250 ml melk
  • sade van 1 vanieljepeul
  • 2 stukke heel kaneel
  • 100 g donkersjokolade
  • 100 g witsjokolade
  • 15 ml Frangelico, opsioneel
Bring room, melk, vanieljesade, -peul en kaneel tot kookpunt.Voeg sjokolade by en roer tot gesmelt en glad. Laat stadig prut vir 5 minute. Gooi deur 'n sif en geur met Frangelico of 'n likeur van jou keuse. Sit warm voor.

WENK:         
Skink die warmsjokolade ná ete as 'n vinnige nagereg met tuisgemaakte malvalekkers bo-op.