Wednesday 6 July 2011

Ou tuinpaadjies

Wintermaande is die regte tyd om die tuinpaadjie uit te lê waaraan jy al so lank dink, of om jou bestaande een dalk bietjie op te knap of dalk wil jy 'n bestaande paadjie skuif na 'n ander area. 

'n Tuinpaadjie kan so maklik wees as om stapblokke neer te lê en wit klippies tussen in te gooi.  Of gebruik boombas om jou tuinpaadjie te bedek.  

Maar hoe nou gemaak met die ou paadjie wat jy eintlik mos nou geskuif het?  Wel ons idee is om die hele paadjie dan toe te groei met blomme.  (Kyk na hierdie foto om jou 'n bietjie te help met die idee.)