Wednesday 6 July 2011

Roket Pesto


















Roket groei vinnig en maklik, veral in effe alkaliese grond, vol son en genoeg water elke dag. Alhoewel dit reg deur die jaar groei doen dit die beste tydens somer maande.



















Om vir ongeveer 6 mense genoeg pesto te maak het jy die volgende nodig:

'n halwe knoffel huisie fyn gekap
ongeveer 5 groot hande vol roket blare
3 opgehoopte eetlepels kekerertjies (dit is ons alternatief vir dennepitte)
ekstra virgin olyfolie
'n handvol parmesan kaas
see sout en vars gemaalde swart peper




Roket kan gebruik word iin slaaie, as garnering vir volstruisvleis, dit is lekker saam met 'n cheddar kaas toebroodjie.  Hierdie pesto is 'n treffer saam met byna enige iets van warm plaasbrood tot plein provitas.


















Sny die Roket blare in baie fyn stukkies en hou dit in 'n aparte bak.
Stamp die knoffel fyn in 'n stamper en vysel saam met 'n knypie growwe seesout.
Voeg hande vol fyn gekapte roket blare en druppels olyfolie by.
Stamp fyn todat al die blare bygevoeg is. Voeg die kekerertjies by en stamp fyn todat dit 'n pesto vorm.
Proe deur die maak van die pesto gedurig en voeg nog olie en sout by na jou eie smaak.

 Voeg laastens die parmesan bietjie vir bietjie saam met olyfolie en swart peper by en meng goed deur.
Bedien dadelik saam met vars brood of kraak beskuitjies of bêre in 'n lugdigte houer in die yskas.







Wenke

As jy die blare van jou eie tuin gebruik , oes bietjies blare van elke plant sodat daar nuwe blare kan groei.

Hoe ouer die blaar, hoe sterker die geur.

As jy die pesto in die yskas bêre, gooi 'n dun lagie olyfolie oor sodat dit nie bruin raak nie.