Wednesday 13 July 2011

VIS EN SKYFIES






















4 groot visfilette, in kleiner  porsies gesny
gegeurde meel

BESLAG
310 ml (1¼ k) koekmeel
10 ml (2 t) mielieblom
5 ml (1 t) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
1 eier
250 ml (1 k) bier
60 ml (¼ k) gesmelte margarien

BEREIDING
olie vir diepvetbraai
suurlemoenwiggies en
growwe sout

Druk die vis droog en bestuif met meel. Skud die oortollige meel af.

BESLAG
Meng die meel, mielieblom, bakpoeier en sout. Meng die eier, bier en gesmelte margarien en roer dit vinnig by die meelmengsel in tot glad.

BEREIDING
Doop die vis in die beslag en braai dit in warm olie tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit voor met suurlemoenwiggies en growwe sout.

SKYFIES
Skil vier groot aartappels en sny dit in skyfies. Giet kookwater oor die skyfies en laat dit vir 10 tot 15 minute staan. Dreineer goed en druk droog met kombuispapier. Verhit genoeg olie in ’n pan om die skyfies daarin te diepbraai. Braai tot goudbruin en bros. Geur met sout en asyn en sit saam met die vis voor.

Genoeg vir 4 mense