Wednesday, 13 July 2011

BIER EN KAAS BROOD

















Bestanddele
§  1 bottel (340 ml) van jou gunsteling bier
§  500 g bruismeel
§  5 ml sout
§  250 ml gerasperde cheddarkaas

Metode
Meng die meel, sout en gerasperde kaas saam in ´n groot mengbak.
Gooi die bier by en meng goed.
Sit die meelmengsel in ´n gesmeerde broodpan van sowat 18 cm x 8 cm, of twee klein pannetjies van sowat 14 cm x 7 cm.
Bak in ´n warm oond teen 180°C vir sowat 45 minute as jy een groot brood bak of sowat 30 minute as jy twee kleintjies bak