Wednesday 13 July 2011

VRUGTIGE MACARONI-SLAAI


















 Heerlik by 'n vleisbraai. (Dit lewer 8 porsies)

250 g macaroni                
15 ml olie
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny         
3 piesangs, in skywe gesny
1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer       
401 g-blik jong ertjies, gedreineer
kruisementblare vir garnering

Slaaisous: 125 ml bier                   
125 ml goeie gehalte mayonnaise

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente.   Dreineer en spoel af onder koue lopende water.  Meng pasta liggies met die olie.  Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in 'n glasfles met 'n skroef deksel.  Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam.  Skep in 'n mooi vlak slaaibak, garneer met kruisementblare.

Wenke:

Die slaai kan 'n uur of wat vooraf gemaak word, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas.

Besprinkel die piesangskywe met 'n bietjie suurlemoensap.

Variasies:

Vervang die ingemaakte perskes deur ingemaakte lietsjies.
Vervang die bier deur pynappelsap of natuurlike jogurt.
Gebruik 1 x 410 g-blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars  pynappel