Tuesday 26 July 2011

Tuin tyd saam met ouma en oupa

Dis belangrik om ons kinders te leer hoe om te oorleef.  Leer hulle dat mens self plantjies kan plant en later kos daarvan kan kry.  So verstaan hulle hoe belangrik dit is om mooi na die aarde te kyk en die herhinneringe wat hul eendag uit hierdie saamwees in die tuin gaan kry, is baie kosbaar.  Daar is min sulke mooi herinneringe soos ‘n oupa of ouma wat jou van sy/haar groentetuin geleer het.
Kry by die kwekery wortelplantjies en ertjie plantjies en laat hulle dit saam met jou plant.  Dit hoef nie ‘n reuse tuin te wees nie, net ‘n klein ou plekkie sal doen.  Moet ook nie vir die kleingoed te veel verantwoordelikheid gee nie.  As hul die plantjies net water kan gee, is dit alles deel van die leer proses.  Plant groente waarvan hulle hou of dalk goed soos tamatie en greenpepper wat baie mooi dra en wat gereeld geoes kan word.
Die dag wat jul die ertjies saam pluk en die wortels oes, neem fotos en gebruik bv. die tamaties om ‘n pizza vir aandete te maak.  So leer hulle, dat met water, sonlig en omgee, kan mens vir jou tuin sorg en oorleef.  (Gesond eet, is ‘n bonus.)