Monday 25 July 2011

Hare vir 'n tuin mannetjie

As jy 'n plant soek wat kan werk as 'n "haredos" vir 'n potmannetjie of 'n waatlemoen gesiggie soos op die foto, is Carex Frosted Curls die ideale grassie om te koop.  Polle raak so 40 tot 60 cm hoog.  Verkies volson of spikkelskadu en nie te veel water nie, maar moet nooit die plante laat uitdroog nie.  Hierdie grassies maak oulike water-wyse grondbedekkers wat 'n sagte golwende kontras vorm met harde tuin paadjies.  Ook ideale vuller plante.
Idee:  Somertyd wanneer waatlemoen volop is, hou 'n vrugtefees vir die kinders (kan 'n oulike verjaarsdag partytjie uitmaak).  Maak waatlemoen gesiggies soos op die foto en plaas 'n Frosted Curls plantjie in 'n potjie binne-in die waarlemoen, om die gaste te verwelkom.