Tuesday 26 July 2011

Boontjie wonderwerk

Leer kinders hoe ‘n boontjie groei (soos ons in ons kinderdae geleer het).  Neem sommer ‘n leë spesery botteltjie en maak dit vol met watte of kombuispapier.  Druk vier boontjies teen die kant van die botteltjie in en hou die watte nat.  ‘n Sonnige warm plekkie in die huis, soos ‘n vensterbank, sal goed werk as staanplek vir die botteltjie.  Die kleingoed kan dan maklik sien hoe hierdie klein wonderwerkie begin vorm aan neem.
Jy kan ook 'n piering neem en die watte daarin sit.  Plaas die boontjies tussen twee lagies watte en hou dit nat.  Dit werk net so goed.