Tuesday 12 July 2011

Tuin-pot-Manne en Vroue

So jy het nou die ou kruiwa mooi geverf en die blommetjies groei al te oulik daarin, maar dalk lyk jou kruiwa bietjie alleen in die tuin?  Wat van hierdie oulike Pot-Manne en Vroue.  Dis so maklik om te maak, en kan selfs van plastiek potte gemaak word.  Hulle kan in hul natuurlike kleur gehou word as dit kleipotte is, of as dit plastiekpotte is, gebruik sommer helder kleure.  Die diagram wys jou mooi hoe die potte inmemaak moet pas.  Plant 'n lekker welige "bos hare"  (selfs helder petunias sal doen of iets wat dalk af rank?) in die boonste pot, verf 'n gesiggie en rond af met 'n serpie of hanskoene.  Hierdie mannetjies kan aangepas word om kleiner mans en vrouens ook te maak.  Dis nou maklike tuin pret....