Tuesday 12 July 2011

Skoenlapper-kolwyntjies























Bestandele:

1.     375 ml (375 g) sagte botter
2.     375 ml (330 g) strooisuiker
3.     5 ml vanieljegeursel
4.     6 groot eiers
5.     750 ml (410 g) koekmeel
6.     5 ml bakpoeier
7.     65 ml melk
8.     80 ml kersie- of aarbeikonfyt
9.     125 ml roomkaas
10.  versiersuiker, vir oorstrooi
Metode:
1.     Klop die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot lig. Voeg die eiers een-een op ’n slag by en klop deeglik ná elke byvoeging. Sif die meel en bakpoeier oor die mengsel en voeg die melk by. Vou dit saam tot goed gemeng.
2.     Voer ’n pan vir 12 muffins met papierdoppies uit en skep elkeen driekwart vol met beslag. Bak in ’n voorverhitte oond by 160 ºC vir 35 minute tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat heeltemal afkoel.
3.     Roer die konfyt by die roomkaas in. Sny die bokant van elke koekie met ’n klein riffelmes af. Sny elke bokant middeldeur. Skep ’n lepel vol roomkaasmengsel op elke koekie en sit die twee bokantse helftes daarop sodat dit soos skoenlappervlerke lyk. Strooi versiersuiker oor en sit dadelik voor.