Wednesday 13 July 2011

Maak jou eie motorband swaai in jou tuin

1     Neem ‘n ou buiteband (nie Steel-belt band nie, want dit kan die kinders seermaak) en maak die band goed skoon. 
2     Kies ‘n stewige boom met ‘n tak wat die gewig sal kan hanteer.  Die tak moet darem omtrent so ± 9 voet van die grond af wees.
3     Die band kan met ‘n gladde ketting vasgemaak word (jy kan al die nodige boude en wassers kry by die hardeware winkels) of jy kan dit met ‘n sterk tou vasmaak.  Maak net seker die knope gaan hou vir ‘n leeftyd.
4     Boor aan die onderkant van die band gaatjies sodat die reënwater kan dreineer.