Monday 25 July 2011

Tuin fokuspunt

'n Maklike manier om 'n indrukwekkende fokuspunt in jou tuin te kry, is om 'n standbeeldjie, "urn" of dalk 'n groot tuin pot staan te maak en dan rondom 'n fyn blombedding te skep.  As jy 'n koel effek soek, hou by wit blomme en as jy ietsie meer vrolik soek, kan jy al die kleure van die reenboog bymekaar plant vir groot impak.
Jy hoef nie altyd 'n nuwe item te gaan koop nie, dalk staan daar erens 'n ou vergete sement engeltjie of standbeeldjie waarvan jy al heeltemal vergeet het.  Hy kan dalk net mooi skoon gemaak word of dalk geverf word en dan het jy weer 'n heel nuwe idee vir jou tuin.
As jou beeldjie bietjie klein is, kan jy vier sement stene gebruik om 'n "verhogie" te vorm waarop hy kan staan.  Pleister die stene mooi toe, en verf dit om aan te pas by jou finale prentjie.