2 kg kiwivrugte, geskil en grof gekap
15 grenadellas, gehalveer en pulp uitgeskep
suiker
10 ml suurlemoenskil, gerasper
Verpulp kiwiwvrugte en grenadellas saam.
Meet die hoeveelheid sap en gebruik dan 400 g suiker vir elke 250 ml sap.
Voeg suurlemoenskil by en verhit oor lae hitte en roer tot suiker gesmelt het.
Bring tot by kookpunt en laat vir 8 minute stadig kook.
Laat effens afkoel en gooi stroop in gesterriliseerde flesse.
Verseël en bêre in yskas tot benodig
WENKE: Gebruik stroop oor roomys, gooi 'n bietjie sodawater by vir 'n heerlike koeldrank, ens.