Monday 25 July 2011

Kiwi en Spanspek smoothie












Bestanddele

1 spanspek, geskil en die pitte uitgeskraap
4 kiwivrugte, geskil en gehalveer
500 ml vrugtesap – appel, mango of bessie is goeie keuses
500 ml jogurt
40 ml koringkiem
40 ml heuning
10 kruisementblare

Metode

Puree al die bestanddele saam in ’n voedselverwerker en sit dit voor in lang glase.