Thursday, 28 July 2011

TERT DOPPIES VIR SOET EN SOUT VULSELS

















750ml koekmeel
10ml bakpoeier
2 ml sout
50ml suiker
2 eiers geklits
250g yskoue botter grof gerasper


Sif droe bestandele saam. Vryf botter liggies in met vingerpunte tot dat dit soos mieliemeel lyk. Voeg geklitste eiers en meng tot ‘n deeg vorm. Bedek met klam vadoek en laat staan vir ‘n halfuur. Rol deeg uit op meel bestrooide oppervlakte.

Druk sirkels van ongeveer 6-7cm uit en plaas in kolwyntjie panne. Prik boom van elke sirkel met ‘n vurk. Bak 10min tot ligbruin by 190°C. Lewer ongeveer 9 dosyn doppies.