Thursday 28 July 2011

Sitrus kleure vir 'n tafel

Kyk net hoe mooi kan jy 'n goedkoop tafel versiering maak. 
Lemoene, Suurlemoene, Pomelos en lemmetjies uit jou tuin kan pragtige kleur gee aan enige ontbyt tafel.  Kiwivrugte kan ook gebruik word en pynappel en wortel kan help aanvul as jy blokkies wil tussen die skywe sitrus sit.  As jy nog 'n bietjie ekstra kleur wil byvoeg, is kappertjies altyd oulike blommetjies om hierby te gebruik.  Lekker helder en vrolik.