Wednesday 6 July 2011

Teekoppie kerse

Jy benodig:
  • Teekoppie(s)
  • ‘n Blok kerswas – of gewone wit kerse se was wat opgesny is.  (Jy kan dus al die afval stukkies wit kerswas bere en vir hierdie doel gebruik. Dis baie goedkoper.)
  • ‘n Pot wat jy oor ‘n ander met kookwater plaas (double boiler)
  • Vetkryt in ‘n kleur waarvan jy hou en wat by die koppie pas.  (indien verkies)
  • Kerspitte
  • Sosatiestokkies
Metode:
  1. Smelt genoeg kerswas om die koppie(s) te vul.
  2. Sodra die was gesmelt het, voeg die “kleur” by (fyn stukkies vetkryt).
  3. Gooi nou slegs die helfte van die gesmelte kerswas in die koppie.
  4. Wag 5 min. en plaas dan die kerspitte in die was – hou dit in plek deur die punt vas te knoop aan ‘n sosatiestokkie wat jy dwars oor die koppie plaas.  Die pit moet mooi in die middel wees.
  5. Na ± 45 min. kan jy die res van die kerswas ingooi.  (Hou maar dop.)
  6. Laat dit droog word en siedaar jou eie teekoppie kerse.