Thursday 7 July 2011

Teekoppie blomme

As jy dalk besig is om 'n dames-tee te reël of jy maak dalk gereed om jou ma of 'n spesiale vriendin te verras met 'n funksie, kyk dan gou na hierdie idee.
Teekoppies kan gebruik word as oulike blomhouers.  Jy kan oase binne die koppie plaas of jy kan sommer net die rosies losweg indruk as jy genoeg het.  Miniatuur rosies werk die beste.  Vul tussen in met "babiesbreath".

Jy kan ook geskenkies binne-in 'n teekoppie plaas, bv. klein sjokolade of sepies.  Bind dan 'n mooi lint daarom en strik vas.  Dit kan dan gebruik word as plekaanwyser ook as jy 'n naamkaartjie aanheg en dit by elkeen se plek aan tafel plaas.