Thursday 7 July 2011

Huis mooimaak tyd

As jy dood eenvoudig smag na 'n mooi huis, maar ook wil bly waar jy nou is omdat jy gelukkig is in die area, is hierdie raad vir jou.

Mense kyk na hoe jou huis van buite lyk en dit sê BAIE van die mense wat daarin bly.  As jou huis nie geverf is nie of die verf is al jare oud en daar groei geen plant nie maar die gras staan twee voet hoog, gaan mense wonder............oor jou.............
Ja dis ongelukkig die waarheid.

Verf en plante is al wat jy benodig om 'n groot verskil te maak.  Ek het hierdie prentjies gaan soek om te wys wat gedoen kan word met net daardie twee goed.  Verf en 'n paar mooi struike.  Jy hoef nie die bank te breek om 'n mooi tuin te hê nie.  Kry steggies van vriende en familie.  Ek is seker daarvan almal sal help as hul weet jy wil graag ook 'n mooi tuin hê.

As jy nie kan bekostig om jou hele huis te verf nie, sorg ten minste dat die kant of kante wat na die pad wys, geverf is.  "Curb-appeal" is deesdae die nuwe "buzzword".  Jou huis moet mooi lyk van die pad af en dis wat jou ook sommer in 'n goeie bui gaan sit as jy saans na 'n lang dag huistoe kom.  Dis so lekker as 'n mooi huis jou begroet.

Moenie die bome afkap nie, vorm hulle net mooi en plant 'n tuin al is hy hoe klein. 
As jy waarde wil toevoeg tot jou huis is hierdie raad vir jou.