Friday 29 July 2011

SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 12

SPYSKAART WEEK 12
MAANDAG                Sampioen-en-rys-koek
DINSDAG                  Sticky varkribbetjie
WOENSDAG             Curried Eggs
DONDERDAG            Oosterse beesvleisslaai
VRYDAG                   Viskoekies

MAANDAG - Sampioen-en-rys-koek
12 porsies

bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
375 ml (1½ k) arboriorys
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) baba-ertjies
6 songedroogde tamaties, gekap
60 ml (4 e) fyn parmesaan
sout en peper na smaak
4 eiers
45 ml (3 e) melk
1 hand vol roketblare

Stel oond op 180 °C.

Verhit olie en soteer ui, kruie en knoffel tot sag. Voeg sampioene by en soteer nog bietjie.

Voeg rys en hoenderaftreksel by. Laat prut vir 20 min. oor lae hitte.

Verwyder van hitte en roer ertjies, tamaties en kaas by en geur met sout en peper.

Voer ronde koekpan met 20 cm-deursnee met bakpapier. Spuit met kossproei. Skep rysmengsel daarin en maak gelyk bo-op.

Klits eiers en melk en gooi bo-oor rysmengsel.

Plaas in oondpan en bak vir 45 min. of tot gestol in middel.

Laat ongeveer 15 min. in koekpan afkoel en keer versigtig uit.

Sit louwarm in skywe saam met roketblare voor.




DINSDAG - Sticky varkribbetjie
 (4 porsies)

8 varkribbetjies (sowat 1 kg)
100 ml tamatiesous
100 ml blatjang
50 ml sojasous
150 ml Worcestersous
2 knoffelhuisies, fyngekap

Verhit jou oond tot 220 °C. Plaas ’n groot stuk tinfoelie op jou bakplaat. (Dit sal keer dat die sous aan die bakplaat vasbrand.) Meng die tamatiesous, blatjang, sojasous, Worcestersous en knoffel goed saam. Gooi die sous oor die ribbetjies en maak seker hulle is lekker bedek met die sous. Plaas die ribbetjies op die bakplaat en hou die res van die sous om so nou en dan oor die ribbetjies te smeer. Rooster vir 10 minute aan elke kant - smeer af en toe met die sous. Jy kan die ribbetjies teen die einde vir ’n paar minute onder die rooster-element sit as jy hulle brosser wil hê. Sit voor saam met broodrolletjies en slaai.


WOENSDAG - Curried Eggs

8 Eggs Hardboiled And Peeled

Sauce
1 Large Onion, Chopped
25ml Sunflower Oil
2 Tomatoes, Peeled And Chopped
1 Packet Royco Chilli Beef & Green Pepper Soup
400ml Water
10ml Chutney

1. Fry Onion In Heated Oil Until Softened.
2. Add Tomatoes And Fry For 1 Minute.
3. Add Soup Powder Mixed With 400ml Water And 10ml Chutney.  Stir Till Thickened, Then Simmer For 5 Minutes.  Season To Taste.
4. Pour Soup Mixture Over Peeled Eggs And Serve.


DONDERDAG - Oosterse beesvleisslaai
Genoeg vir: 4

500g bolendeskyf (‘porterhouse steak')
120ml sojasous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
20ml suurlemoen- of lemmetjiesap
1-3 klein rooi rissies,
in dun skyfies gesny
5ml bruinsuiker
Slaaibestanddele

Pak die steaks in 'n groot bak en gooi 100ml van die sojasous bo-oor. Laat dit eenkant staan.

Maak die slaaisous deur die res van die sojasous met al die ander bestanddele (behalwe dié vir die slaai) te meng. Roer dit goed deur.

Verhit 'n riffelpan tot baie warm. Haal die steaks uit die sous en sit dit op die pan vir ses tot agt minute - draai dit een keer om. Laat dit vir vyf minute staan voordat jy dit in skyfies sny. Rangskik die vleis saam met die slaaibestanddele en drup die slaaisous oor.


VRYDAG - VISKOEKIES

2 middelslag aartappels
2 middelslag uie
1 blikkie sardyne in tamatiesous
106 g gewone sardyne
2 eiers, geklits
125 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
sout
rooipeper
kookolie vir vlakbraai

Skil die aartappels en uie en rasper hulle op die growwe kant van die rasper. Gooi die ergste sous van die sardyne af en druk die vis fyn. Voeg die eiers en gerasperde aartappel en uie by die vis en meng. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en rooi peper saam bo oor en meng goed. Skep dessertlepels van die mengsel in vlak, matig warm kookolie in ‘n braaipan en druk die hopies in ‘n netjiese fatsoen. Braai die koekies aan weerskante tot gaar. Plaas die gaar koekies op kombuispapies sodat alle oortollige olie afdrup.