Friday 29 July 2011

Idees vir ou leë glasbotteltjies


Moenie glas potjies weggooi nie.  Kyk net hoe oulik is ‘n ou konfyt potjie ingespan by ‘n partytjie.  (Kyk ook vorige idees gegee op die onderwerp.)  Hoor by jou kerk/skool of hul nie dalk die potjies kan gebruik vir die volgende basaar nie.  Hulle is gewoonlik baie bly, want hul gebruik dit vir inmaak of om lekkergoed in te sit vir die kindertafel.
Self kan jy dit ook gebruik vir geskenkies vir kinders.  Maak dit vol van marshmallow lekkers of dalk so drie of vier lae van verskillende soorte lekkergoed.  Sit dan ‘n groot helderkleurige strik daarom en verbly ‘n kinderhartjie oor kerstyd (binne jou familie of dalk in ‘n kinderhuis).  ‘n Oupa en ouma in ‘n ouetehuis sal ook baie bly wees oor ‘n botteltjie met sagte eetgoed vir ‘n verjaarsdag, kersfees of sommer net as ‘n ekstra bederfie.