Tuesday 12 July 2011

Glutenvrye brood met sade en neute






















Gaarmaaktyd: 1½ uur
Oondtemperatuur: 170 °C
500 ml wit rysmeel
65 ml aartappelmeel
190 ml tapiokameel
30 ml sojameel
12 ml xantangom of guargom
15 ml lynsade
50 ml grofgekapte gemengde neute
125 ml droë vetvrye melkpoeier
12 ml sout
30 ml suiker
25 ml kitsgis
375 ml louwarm water
8 ml appelasyn
2 groot eiers, liggies geklop
1 Meng die droë bestanddele in ’n groot bak. Voeg die vloeistofbestanddele by en roer om ’n deeg te vorm. Roer tot ’n gladde deeg. Sit in ’n gesmeerde broodpan en gooi ’n klam lap oor. Laat op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte.
2 Bak in ’n voorverhitte oond vir een en ’n halwe uur tot deurgaar.
KookwenkeDié brood is ideaal vir mense wat aan 'n gluten- of koring-intoleransie ly. Jy kan die sade en neute uitlaat as jy net 'n gewone witbrood wil hê. Dis baie veelsydig en jy kan dit vir soet óf sout toebroodjies gebruik, of dit rooster. As jy nie die hele brood op een slag gebruik nie, kan jy dit opsny en in 'n seëlbare plastieksak vries. Haal dan 'n paar snye op 'n slag uit soos jy dit nodig kry.