Thursday 28 July 2011

Voëltjie-restaurant

Ek plaas die fototjie wat ek by Planet Green se webwerf gekry het, om vir julle 'n oulike idee te demonstreer.  As jy die kandelaar ± soos op die foto wil laat lyk, kan jy ou nagereg bakkies gebruik. 
'n Meer deftige idee wat almal twee keer gaan laat kyk, is om ou teekoppies en pierings in stede van die bakkies te gebruik.  Hang dit onder 'n groot ou boom in jou tuin of  by 'n afdak en kyk hoe geniet die voëltjies hierdie restaurant met styl.