Wednesday 13 July 2011

Ribbetjies met bier






















•1 blik (340ml) bier
•1 pakkie (50 g) tamatiepasta
•65g (80 ml) bruinsuiker
•3 knoffelhuisies, fyngekap
•2kg kort-beesribbetjies
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200°C. Meng bier, tamatiepasta, suiker en knoffel saam in 'n mengbak. Plaas ribbetjies in 'n bak en gooi marinade oor. Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 1 uur.

Voer 'n roosterpan uit met foelie (blink kant na onder) - die sous drup en brand lelik aan. Sit 'n afkoelrak bo-op. Haal ribbetjies uit marinade en plaas op afkoelrak. Geur met sout en swartpeper. Rooster vir 20 minute.

Terwyl die ribbetjies rooster, kan jy die marinade in 'n klein kastrol verhit en vir sowat 5 minute kook. Ná die 20 minute haal jy die ribbetjies uit die oond. Verf met gekookte marinade. Draai om en rooster vir nog so 20 minute - doen dit so 3 keer. Jy kan die ribbetjies ook verder tot bros rooster. Sit voor met tjips.

Wenk: Die ribbetjies kan ook stadig oor die kole gebraai word.